.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Voorste NWU-kenner verteenwoordig SA by COP 12
04 November 2015

 
’n Wetenskaplike van die Noordwes-Universiteit verteenwoordig Suid-Afrika by die 12de Konferensie van die Partye (COP 12 – Conference of the Parties) in Ankara, Turkye.
Prof. Klaus Kellner van die Skool vir Biologiese Wetenskappe op die Potchefstroomkampus is by COP 12 wat deel is van die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Bekamping van Verwoestyning (UNCCD – United Nations Convention to Combat Desertification).
Altesame 195 lande is lede van die UNCCD en Kellner is weer die hoofonderhandelaar vir Suid-Afrika in die Komitee vir Wetenskap en Tegnologie (CST – Committee for Science and Technology). COP 12 word deur ’n delegasie van elk van dié 195 lande, asook nieregeringsorganisasies, bygewoon.
Kellner is reeds die afgelope tien jaar deel van die Suid-Afrikaanse delegasie in die Konvensie. Hy is ook die enigste Wetenskap‑ en Tegnologiekorrespondent (STC – Science and Technology Correspondent) vir Suid-Afrika ten opsigte van landdegradasie en verwoestyning en neem gereeld aan wetenskapkonferensies oor landdegradasie en verwoestyning in die wêreld deel.
Kellner is ook die enigste lid van Afrika wat deel is van die wetenskapbeleid‑dialoog‑komitee (SPI – Science-Policy Interface) wat wetenskaplike inligting ten opsigte van aspekte oor landdegradasie en verwoestyning aan die Konvensie verskaf en ’n tweerigtingdialoog tussen die wetenskap en beleidmakers in die wêreld bevorder. Die SPI bestaan uit slegs twintig lede en sluit uitgesoekte wetenskaplikes van oor die wêreld in. Hy sê die SPI-komitee moet ook verseker dat die regte inligting, kennis en advies, gebaseer op goeie wetenskaplike resultate, aan beleidmakers wat met landdegradasie, verwoestyning en droogte oor die wêreld te doen het, gekommunikeer word. Die SPI bestaan tot 2017, waarna die rol van die komitee weer hersien sal word.
Kellner is ook deur die Suid-Afrikaanse regering en die Verenigde Nasies as onafhanklike kundige gekies om op drie komitees van IPBES (Intergovernmental Panel for Biodiversity and Ecosystem Services) te dien en sal die hoof- of bydraende outeur van drie hoofstukke van die drie IPBES-uitkomste wees.
Hierdie bydrae van Kellner en samesprekings met wêreldleiers oor landdegradasie, verwoestyning, biodiversiteit en ekosisteemdienste, plaas die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika op die voorpunt in Afrika en oor die hele wêreld.