.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Diewe steel juwele uit kerkkluis
21 Oct 2015
  Klerksdorp – Inbrekers wat Donderdagaand, 15 Oktober 2015 op die kerkkantoor van die NG kerk Wilkruin in die stad toegeslaan het, het met ‘n baie groter buit weggekom as waarop hulle aanvanklik gereken het.
Marietjie Joubert (70), die kerk se skriba, kassiere en koster, het haar juweliersware in die kerkkantoor se kluis toegesluit nadat haar huis se dak die vorige week deur ‘n tornado afgeruk is.
Die inbrekers het aanvanklik toegang tot die perseel probeer kry deur die hekke se drade af te knip. Toe dit nie werk nie het hulle aan die agterkant oor die pallisadeheining geklim. Daarna het hulle deur die dak tot in die kluis probeer kom, maar ‘n betondak het hulle gekeer. Uiteindelik het die skelms die deurslotte gebreek. Dít het die alarm laat afgaan en hulle het weggehardloop. Nadat die veiligheidsmaatskappy weer gery het, het hulle met ‘n hoeksnyer teruggekom en daarmee in die kluis gekom.
Joubert sê daar was net sowat R600 in die kluis. Die skade beraam sy op tussen R15 000 en R20 000.
Haar juweliersware het sy egter “oor ‘n leeftyd” bymekaargemaak. Sy skat die waarde daarvan op minstens R100 000. Dit sluit heelwat goue juwele en verskeie stukke met gekleurde mabé’s, onder meer ‘n swarte en pienkes, in. “Ek sal dit nooit kan vervang nie. Baie van die juwele het sentimentele waarde, dit is goed wat my oorlede man vir my gegee het.”
Dit is in dié stadium onseker of die versekering haar eis gaan uitbetaal.