.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Polisie bevestig ondersoek na vise-kanselier

21 Oct 2015
  AfriForum Jeug het Woensdag, 14 Oktober 2015, ‘n klag van aanhitsing tot openbare geweld by die polisie gelê teen prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit.
Ian Cameron, ‘n Afriforum Jeug-woordvoerder, sê hulle het Maandag, 19 Oktober bevestig dat ‘n ondersoek gedoen word. Cameron sê Kgwadi het Dinsdag, 13 Oktober, honderde studente gedurende ‘vergadering op die kampus aangehits om te baklei.
Hy het voorts gesê AfriForum Jeug is bly dat die ondersoek na die aanhitsing tot openbare geweld voortgaan, nou moet reg geskied. Prof. Kgwadi sal moet dink wat hy sê, want die organisasie sal nie sulke onverantwoordelike opmerkings ongemerk laat verbygaan nie. Hy sê Kgwadi het verlede week gesê dit sal nie ondersoek word nie. “Nou word dit inderdaad ondersoek.”
Cameron het studente aangemoedig om klagte by die polisie te lê wanneer kampusleiers uitlatings maak wat teen wetgewing indruis.
Prof.Johannes Froneman, Kgwadi se woordvoerder, het Dinsdag, 20 Oktober, in ‘n verklaring gesê uit ‘n transkripsie van Kgwadi se uitlatings is dit duidelik dat hy niemand aangehits het tot geweld nie, “maar eerder by herhaling die noodsaak beklemtoon het van betrokkenheid by gesprek en debat. Hy het ook optrede soos brandstigting as “baie barbaars” bestempel.
“Daar is dus geen gronde vir die aanklag teen prof. Kgwadi as sou hy openbare geweld aangemoedig het nie. Inteendeel.”
Froneman het Afriforum Jeug se optrede bestempel as ‘n “publisiteitsfoefie wat daarop gemik is om steun te werf vir hul veldtog teen prof. Kgwadi”.