.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Petro steeds vermis

14 Oct 2015

 
Vir die vriende en familie van die Demokratiese Alliansie se onderleier in Noordwes het haar lewensdroom in ‘n nagmerrie ontaard nadat die ultra-ligte vliegtuig waarin sy na sneeubedekte berge wou gaan kyk sedert Donderdag, 8 Oktober 2015 vermis word.
Daar was meer as 120 uur laas enige kontak met die vliegtuig waarin Petro Nel (58) van Klerksdorp en ‘n Russiese vlieënier, Valerie Putin (5), van die Pokhara-lughawe na die berge in die Kaski-distrik in die weste van die land onderweg was. Die merestad Pokhara is sowat 200km wes van Kathmandu, die hoofstad.
Nicolize van der Walt, ‘n familiewoorvoerder, sê dit was Petro se lewensdroom om Nepal te besoek. “Sy het Woensdag, 7 Oktober een van die vlugtelingkampe in Nepal besoek en het haar daar verwonder aan die mense se handwerk en veral die fyn spinwerk.”
Sy sê die gemeenskap van Klerksdorp staan Petro se man, JC, en kinders, John-J en Jean (albei in hul vroeë 20’s) by. “Dit is ongelooflik. Mense wat alle politieke partye bel.”
JC, John-J en Jean vlieg Woensdag, 13 Oktober Nepal toe.
Die Himalayan Times, ‘n Engelse dagblad, het berig SP Hari Bahadur Pal van die distrikspolisiekantoor het gesê die vliegtuig wat aan die Pokhara Ultralight Company behoort het omstreeks 10:35 opgestyg en die laaste kontak was 11:30 toe hulle naby die Machhapuchhre-berge gevlieg het.
Van Sondag af was die soektog volgens Deepak Baral, Pokhara se lughawehoof, gemik op die omgewing van Sarankot en die Annapurna basiskamp-omgewing. ‘n Militêre helikopter help onder meer met die soektog kort-kort deur slegte weer belemmer word. Dinsdag, 13 Oktober, was die weer baie mooi en is die soektog na die hoër liggende dele – waarvandaan die laaste selfoonsein van Petro Donderdag ontvang is – uitgebrei. Dié gebied is reeds deurgesoek maar die soektog is verskerp.
Willemien van den Berg, ‘n Suid-Afrikaner wat in Nepal woon, is intensief betrokke by die soektog en help om alles daar te koördineer en skakel ook met Petro se familie en vriende in Suid-Afrika. Sy het Maandag, 12 Oktober, selfs saam gevlieg.
Intussen het die Noordwes provinsiale regering by monde van Supra Mahumapelo, premier, hul skok uitgespreek.As die provinsiale regering bid ons hard vir haar veiligheid. Die gesin en die DA moet glo in die Almagtige wat in beheer is van alle situasies,” het hy gesê.
Petro verjaar 23 Oktober wanneer sy 59 word en haar kaartjie terug Suid-Afrika toe is bespreek vir die volgende dag.