.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
KHS groet matrieks stylvol en glansryk
07 Oct 2015

 
Klerksdorp – Die Hoërskool Klerksdorp het Donderdag, 1 Oktober 2015 op 'n stylvolle wyse afskeid geneem van hul matrikulante.
Die glansryke matriekafskeid is gehou by La Souvenir en Abrie was weer die skepper van heerlike, dekadente disse.
Die matrieks het oudergewoonte in glans en glorie opgedaag en elkeen was, volgens hul unieke persoonlikhede en smaak, asemrowend mooi uitgevat: jonge dames en mans wat ‘n mens deur 'n ring kon trek. Die leerlinge het dit veral waardeer dat mnr. Gerhard Brand, skoolhoof, en sy eggenote elke paartjie persoonlik ontvang en verwelkom het met hul aankoms.
Na Brand se toespraak en die uittreeredes van Douglas Bruce-Smith en Thelmi Botha, oud-hoofseun en -meisie, is die dansbaan geopen en het die gaste tot kort voor middernag die dansbaan vol gehou.
Brand het in sy boodskap 'n wysheid kwytgeraak: “Vryheid gaan gepaard met verantwoordelikheid. As ons as ouers en onderwyser daarin kon slaag om dít by ons gr. 12's tuis te bring, kan ons hul nou nog net baie sterkte toebid vir die eindeksamen en vir elkeen vele seëninge toewens vir hul toekoms.”