.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Visvangery word toe beesreddery
07 Oct 2015

 
Kosh – Vir ‘n plaaslike gesin het ‘n visvanguitstappe na die Vaalrivier in ‘n grootskaalse reddingspoging verander toe hulle op ‘n bees wat in die modder vasgesit het, afgekom het.
Nicolene Kapp en haar gesin (stiefpa, swaer, broers en dogter) het Saterdag, 3 Oktober, omstreeks 13:00 by die rivier opgedaag om vis te vang vir die naweek. Met hul aankoms het hulle die bees in die water gesien en toe ure lank en deur die nag gestoei om die dier uit die rivier te kry.
Sondag om 11:22 het Nicolene op die facebook-blad Klerksdorp Concerned Citizens hulp gevra en ‘n uur later het die blad se administrateur die hulproep gesien en op Zello, ‘n toepassing wat van ‘n slimfoon ‘n tweerigtingradio maak, gevra dat mense gaan help. Baie mense het opedaag om te help en met ’n groot gesukkel is die bees deur die water geneem na ’n beter plek om haar uit te kry. Weer met ’n groot gestoei, is sy toe uit die water en tot bo-op die wal gekry. Sy (Daisy vir party en ‘Biltong’ vir ander) was baie honger en het sommerso in die gesleep om haar bo te kry, begin hap na bossies en gevreet. Haar onbekende eienaar, het deurentyd baie bekommerd daar rondgestaan.
Hennie Botha, die Zello-administrateur, sê hulle moes twee windasse gebruik om haar die wal uit te kry. “Dit was glad en baie steil. Die eienaar was baie bly hoewel ons nie met hom kon kommunikeer nie." Na sy ’n ruk bo gelê het, is sy teen 14:30 oorreed om op te staan en het toe begin wei. Die dier is dus deur ’n trauma van meer as 24 uur. Sy was veilig twee ure na die eerste roep op Zello.
Isle Eggberry van Klerksdorp Brandweer met sy span mense en Impala Insleepdienste saam met verskeie KCC- en Zello-lede het deurslaggewende rolle in die reddingspoging gespeel.