.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Vlamme verswelg Volkies-koshuis
02 Sept 2015

 
Potchefstroom – Die Jack Pauw-seunskoshuis van die Hoër Volkskool Potchefstroom is Maandag, 31 Augustus 2015 ernstig beskadig toe ‘n brand omstreeks 20:50 uitgebreek het.
Die dubbelverdiepinggebou is 90 jaar oud en die boonste verdieping is in puin gelê. Die grondvloer het nie gebrand nie, maar volgens Johann Smal van die welsynsorganisasie Potch Pay it Forward is daar baie waterskade.
Hy het gesê dit is reeds Dinsdag, 1 September, bevestig die brand is deur ‘n kortsluiting veroorsaak.
Nie een van die 28 seuns wat Maandagaand in die koshuis was, is beseer nie. Die meeste van hulle is met net die klere aan hul lyf daar uit. Van die seuns se koshuisverblyf word deur die skool betaal. Hul ouers kan dit dus nie bekostig om nuwe klere, boeke en skooltasse en dies meer te koop nie.
Kobus Fourie, eienaar van die Elgro Hotel in die dorp, is ook die voorsitter van die skool se beheerliggaam en hy het die seuns in die hotel gehuisves.
Platinum Kosh verneem die meeste van die kinders – van wie die matrieks tans rekordeksamen skryf en die res eersdaags met toetsreekse begin – se skoolboeke het uitgebrand.
Hoewel dit nog nie bekend is of die geskiedkundige gebou strukturele skade het nie, is daar vrese dat die versekering nie die skade sal dek nie.
Smal sê daar reeds ‘n fonds, Potchefstroom Volkskool Fund, gestig. Geldelike bydraes van die publiek sal veral verwelkom word. Die bank besonderhede van die fonds is: Run to Live, Nedbank tjekrekening 102 078 0223, takkode 198765. Bel Johann Smal by 0828294312 vir meer inligting of stuur ‘n e-pos aan johann@ofm.co.za.