.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
NWU-studente se sonkar vat die wêreld se bestes aan
26 Aug 2015

 
Ingenieurstudente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) pak vanjaar ’n groot bul by die horings en sal in Oktober vanjaar skouers skuur met die groot name in sonenergie wanneer hulle in die Bridgestone wêreld- Solar-uitdaging in Australië meeding.
Na die NWU se suksesse tydens hulle deelname in die plaaslike Sasol Solar uitdagings in 2012 en 2014, het die span besluit om ’n beter en vinniger voertuig wat deur sonenergie aangedryf word, te bou. Die eerste kompetisie waarin die NWU meegeding het, het oor meer as 5 000 km gestrek waar dié span saam met die Tokai-universiteit in Japan gesamentlik koning gekraai het.
Volgens prof. Albert Helberg, spanleier, het hulle nou nuwe tegnologie ingespan om die nuwe voertuig vinniger, ligter, meer effektief en sterker te maak. Dié voertuig word deur die hoeveelheid energie aangedryf wat gelykstaande is aan dié van ’n haardroër. Die kompetisie vind plaas van 18 tot 26 Oktober en spring weg in Darwin in die noorde van Australië waar 45 voertuie van 25 lande oor 3 000 km tot in Adelaide sal resies jaag. “Ons behoort die afstand in sewe dae kaf te draf, maar ons doelwit is om dit in vyf dae te vermag,” sê Helberg.
Die NWU-span is een van slegs twee spanne in Suid-Afrika en Afrika wat aan dié sogenaamde Dakar van sonkragtydrenne sal deelneem. So gedoop weens die moeilike omstandighede en ontsettende hittetoestande van die Australiese diep platteland wat deel van die roete vorm. “Ons sal teen die top universiteite in die sonkragvelde deelneem en wil wys dat ons ons met hulle kundigheid kan vereenselwig. Ons kán met hulle meeding en ons wil dit vir die wêreld gaan wys.”
Daar is drie klasse waarin meegeding kan word. Die NWU-span sal vanjaar in die “Challenger-”klas deelneem wat kennelik die uitdagendste klas is. Volgens Helberg gaan dit hier oor die voertuig se spoed en effektiwiteit. Hy sê tradisioneel voltooi slegs ’n derde van alle deelnemers hierdie afstand in die toegelate tyd.
Spanlede
Die NWU-span bestaan uit studente, dosente, ’n media-afdeling en ’n oudstudent waarvan slegs ’n handjievol die geleentheid het om die resies in Australië mee te maak. Twee voorgraadse studente sal in beheer van onderskeidelik die elektriese en die meganiese aspekte wees. Twee meestersgraadstudente sal vir gevorderde elektriese stelsels verantwoordelik wees en sal ook as bestuurders van die voertuig optree. Twee dosente en ’n oudstudent sal met betrekking tot tegniese kwessies leiding neem. ’n Media-afdeling sal die span vergesel en seker maak die wêreld bly op hoogte van hulle vordering.
Tegnologie
Wanneer die NWU se eerste sonkar met die nuwe een vergelyk word, kom die grootste verskil by die massa in. Die “Batmobiel”, soos die eerste voertuig in 2012 gedoop is, het meer as 300 kg geweeg. Die nuwe Sirius X25 – vernoem na die naaste ster aan die aarde se sonnestelsel en wat 25 keer skerper as die son skyn – se oppervlakte is groter as sy voorganger en weeg ’n skrale 185 kg.
Die aandrywingstelsel het van twee voorwielaangedrewe motors in 2012 na ’n enkele agterwielaandgedrewe motor verander. Die batterypak is tegnologies beter en weeg ook nou minder. Volgens Helberg is dié ’n baie innoverende batterypak wat toelaat dat die konfigurasie verstel kan word.
Die aërodinamika van die kajuitprofiel is deur middel van die jongste sweeftuigtegnologie ter wêreld verbeter. Die sweeftuigvervaardiger, Jonker Sailplanes, het reusewerk hier gedoen. Die voertuig se beheerstelsels bevat splinternuwe tegnologie wat dit moontlik maak om tydens veranderende weersomstandighede, opdraandes en afdraandes verstellings aan die voertuig se elektriese stroom uit te voer terwyl dit operasioneel is. Dit stel die bestuurder in staat om die voertuig so effektief as moontlik te bestuur. ’n Optimeringstelsel word in die volgvoertuig gebruik wat sal vasstel watter verstellings gemaak moet word om die effektiwiteit van die sonkar nog verder te bevorder.
Sonpanele van ses vierkante meter word bo-op die voertuig aangebring wat die helfte soveel meer effektief is as tradisionele sonpanele wat op huise se dakke aangebring word. Die kajuitprofiel word weer van koolstofvesel en hars gebou. Dit maak die voertuig baie lig, maar terselfdertyd sterk omdat veiligheid die eerste prioriteit is. Die kombinasie van koolstofvesel en hars is drie keer sterker as staal, maar uiteraard baie ligter.
Werksverrigting
Volgens Helberg is die doelwit met vanjaar se voertuig om minstens 25% beter as sy voorganger te wees. “Ons is steeds in die bouproses en dit lyk asof ons die byna onmoontlike gaan vermag. Dit moet ’n minimum van 500 km per dag kan aflê om sodoende die resies betyds in die beperkte tyd te kan afhandel. Die Sirius X25 se snelheid word tot 120 km per uur beperk, maar volgens ons navorsing is die mees effektiewe snelheid sowat 75 km per uur,” sê Helberg.
Spanne sal in die aande langs die pad aftrek waar hulle tente kan opslaan en kos maak voordat hulle weer die volgende oggend vir die volgende skof sal wegspring. ’n Resiesbeampte en ’n mediese noodhulppersoon sal elke span tydens die resies vergesel.
Doelwit
“Ons grootste droom sal bewaarheid word as ons net die resies kan voltooi en terselfdertyd die eerste span ooit uit Afrika sal wees wat die wenstreep oorsteek. Dit sal ons in die rekordboeke plaas. Hierdie projek is ÿ leerprojek en vorm deel van ons langtermynvisie. Hierdie ervaring sal ons in staat stel om in 2017 vir ’n podiumposisie te mik. Dit kan gedoen word. Ons het die kundigheid om ons eie tegnologie verder en beter te ontwikkel,” sê Helberg.
Helberg verduidelik die span se holistiese benadering tot hulle deelname in dié wedren. “Dié resies is nie net nog ’n resies wat miljoene rande vir wenstreepglorie uit die sak jaag nie, maar het ’n ongelooflike invloed op die gewone man op straat. Dit alles vind plaas in die naam van die ontwikkeling van beter en meer effektiewe kragstelsels. Sowat 50% van alle elektrisiteit in Suid-Afrika word deur elektriese toestelle soos elektriese motors, wasmasjiene, waterpompe en aandrywingstelsels in fabrieke verbruik. As mens net alle tradisionele huishoudelike elektriese toestelle kan vervang met toestelle wat net 5% meer effektief werk, is die energiebesparing gelykstaande aan meer as die helfte van die elektrisiteit wat die Koeberg-kragsentrale genereer.
“Met die bou van hierdie voertuig, bewys ons dat alle persoonlike energiebehoeftes deur hernubare energie vervul kan word, self moontlik jou vervoerbehoeftes. Hier wys ons dat dit moontlik is, maar omdat dié nuwerwetse komponente nog nie op massaskaal geproduseer word nie, kan nie almal dit bekostig nie. Hierdie is ’n poging om dit om te draai. Dié tegnologie skep die visie van onafhanklikheid – om nie meer aan ’n netwerk gekoppel te wees nie. Dit is omgewingsvriendelike energie, gratis en verniet!”