.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
KHS-hokkie eindig seisoen op hoë noot
20 Aug 2015

 
Klerksdorp – Die Hoërskool Klerksdorp se o.14- en o.15-meisieshokkiespanne het van Donderdag, 13 Augustus 2015, tot Saterdag, 15 Augustus, aan die Noordvaal-eindstryde by Krugersdorp High School deelgeneem.
Albei spanne het uitstekend gevaar en het met sterk teenstanders afgereken met skittertellings soos 4-0.
Die o.14’s onder leiding van juf. Lida Boshoff het tot die kwarteindstryd deurgedring waar hulle net-net die knieë moet buig.
Die gemotiveerde o.15-span van juf. Erika Brand en mnr. Rudolph Heymans het met ʼn hele klomp gedugte spanne – soos Dinamika, Prestige en Dr. Malan - afgereken.  Sestien skole het aan Noordvaal deelgeneem. Die KHS-o.15’s het Prestige Kollege 1-0 gewen, gelykop (1-1) gespeel teen Uplands en gewen (3-0) teen Dr. Malan. Hulle het bo-aan geëindig in die poelwedstryde. Tydens die oorkruis-poelwedstryde het hulle Dinamika 4-2 geklop om na die semi-finale deur te dring. Hulle het teen Ben Viljoen verloor en in die kwart-finale 3-1 gewen teen Hans Strydom om soende die brons medalje te kry.