.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Gimmies deur na halfeindstryde
13 Aug 2015
  Die Potchefstroom Gimnasium se eerste en o.16-rugbyspanne is volstoom op pad na die eindstryd van die Beeldtrofee vir groot skole nadat hulle hul kwarteindstryd teen die Heidelberg Volkskool in Heidelberg 27-23 gewen het.
Die Gimmie-eerstes was teen rustyd 3-17 agter, maar het met ‘n reuseterugvegpoging gekom.
Inus Vermeulen en Bradley Wood het drieë gedruk, en Gimmies het ook ‘n strafdrie gekry. Jaswyn Damon het aldrie die drieë verdoel en ook met twee strafdoele geslaag.
Die o.16’s het die Hoërskool Transvalia 18-16 getroef.
Beide spanne speel Saterdag, 15 Augustus, in die halfeindstryde teen die spanne van die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen.
Die o.15’s moes in die kwarteindstryd die knie buig voor die manne van die Hoërskool Oos-Moot. Die eindtelling was 7-16.