.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
KHS bring 2 bekers huis toe
14 Aug 2015

 
Drie van die Hoërskool Klerksdorp se rugbyspanne het op Saterdag, 25 Julie 2015, op Mooivalleipark in Potchefstroom meegeding om as die Luiperds-wenners bekend te staan.  Die o.14’s het teen die span van die Hoër Volkskool Potchefstroom en die o.16’s en eerstes teen die Potchefstroom Gimnasium uitgedraf.
Die o.14 A-span wat die afgelope seisoen soveel opgang gemaak het en vroeër die jaar die trofee vir die Super 16 vir groot skole kon wen, doen dit weer en wen Volkies met ʼn skittertelling van 28 – 0.
Die puntemakers was Rossouw Karstens, Brandon du Rand, Divan Naudé en Armand van der Merwe wat elk ‘n drie gedruk het en Hendré Pretorius wat al vier drieë verdoel het.
Dié span het tot 25 Julie reeds 632 punte vir die seisoen aangeteken en slegs 16 punte is teen hulle aangeteken. Hulle het 96 drieë gedruk en slegs twee – deur Garsfontein en Waterkloof - is teen hulle gedruk. 
Die o.16’s het 12-15 verloor en die eerstes het 15-15 gelykop gespeel. Laasgenoemde deel dus die Luiperdstrofee met Gimmies.