.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Bekroonde digter sterf

30 July 2015

 

Potchefstroom – Een van Suid-Afrika se groot taalmanne is Woensdag, 29 Julie 2015, oorlede.
Prof. Theunis Theodorus (TT) Cloete, bekroonde digter, Bybelvertaler, letterkundige en wetenskaplike navorser is aan natuurlike oorsake oorlede, het die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus bekend gemaak. Hy was ‘n oudstudent en later professor aan die universiteit.
Oor die jare heen het prof. Cloete minstens 20 toekennings en pryse vir sy werk ontvang. Die eerste toekenning was in 1976 toe hy die Gustav Prellerprys vir die Wetenskap van Letterkunde en Literêre Kritiek ontvang het. Die mees onlangse eerbetoon was in 2008, toe hy erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur ontvang het.
Een van die mees gesogte toekennings van almal was die Staatspresident se Orde vir Voortreflike Diens Goud wat in 1992 aan prof. Cloete oorhandig is.
Hy het drie keer die Hofmeyrprys vir poësie ontvang, twee keer die Hertzogprys en ook die Ingrid Jonkerprys (1980) en die Louis Luytprys (1983).
Die visekanselier, prof Dan Kgwadi en die NWU het groot waardering vir die waardevolle bydrae wat prof Cloete tot voordeel van die NWU gelewer het en betreur sy heengaan.