.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Charlotta leer wêreld sokkie in Maleisië
24 July 2015

 
Potchefstroom – ‘n Muurbalspeler van die Potchefstroom Gimnasium was lid van die Suid-Afrikaanse muurbalspan wat in Penang, Maleisië, aan ‘n internasionale toernooi deelgeneem het.
Charlotta Loggenberg (o.17) en die res van die span het eers in Hongkong wêreldklasafrigting ontvang en daarna het hulle Penang toe gevlieg.
Sy was 46ste op die internasionale ranglys en het met ‘n reuse poging 24ste geëindig. Die spelers het in baie warm toestande gespeel. Altesaam 800 spelers van 18 lande het deelgeneem.
Na afloop van die toernooi het hulle afrigting gekry by die wêreld se no. 1-speler - wat glo gepaard gegaan het met baie sweet en harde oefening. Charlotta was twee weke weg, het baie ondervinding opgedoen en het wêreldklas muurbal beleef.Tydens die verwelkomingsdinee het elke land ‘n beurt gekry om hul land voor te stel. Charlotta het voorgestel die Suid-Afrikaanse span sokkie op Afrikaanse musiek. Skielik wou die ander lande leer sokkie en wou weet wie hulle geleer het. Charlotta se antwoord? “...Die beste skool in Suid-Afrika...Potchefstroom Gimnasium!” Om Charlotta se deelname moontlik te maak is lootjies verkoop waarmee ‘n bees gewen kon word. Dankie aan almal wat die geldinsameling ondersteun het. Die wenner is Tanya Knol van Parys.