.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Battle of the Saxes
24 July 2015

 
Potchefstroom – Alhoewel die saxofoon in die 1840’s uitgevind is, ‘n geruime tyd voor die ontstaan van jazz, word dit hoofsaaklik met jazz geassosieer, beide as ‘n solo-instrument of in “big bands”. Terselfdertyd is dit sedert die begin van die 20ste eeu ‘n populêre instrument vir klassieke komponiste en dit word in heelwat werke vir orkes, kamermusiek groepe of as solo gebruik.
Beide klassieke en jazz-style kan gehoor word in ‘n musikale “stand-off” getiteld ‘Battle of the Saxes’ op Sondag 26 Julie 2015 om 15:30 in die Konservatoriumsaal, Potchefstroom. Karendra Devroop, ‘n jazz-speler, sal optree teenoor Matthew Lombard, ‘n klassieke uitvoerder. Hulle medewerkers is die Evolution of 3 strykkwartet en ‘n jazz combo met Roland Moses (klavier), Viwe Mkizwana (bas) en Dio Santos (tromstel).
Die konsertprogram word in drie segmente verdeel. Elke saxofoonspeler sal eers sy styl tentoonstel, en almal speel dan saam in die laaste item: ‘n groot nuwe werk deur Noel Stockton vir jazz en klassieke saxofoon.
Hierdie produksie word ondersteun deur ‘n toekenning van die Arts & Culture Trust en Nedbank Arts Affinity. Dit is die derde konsert in die reeks, ná uitvoerings by TUT en Wits in April. Die finale uitvoering is in November by Unisa.
Kaartjies teen R75/R50 is beskikbaar by die Konservatorium in Thabo Mbeki-weg (tel. 018-299-1692), of 30 minute voor die konsert by die loket.