.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
Artéma-Ateljee se 67 minute vir Mandeladag
24 July 2015
  Die Artéma opname-ateljee by Puk Kunste het hierdie week ook sy deel bygedra vir Mandeladag deur die droom van ‘n jong kletsrymer uit die Noordkaap waar te maak. 
Romario Maasdorp, beter bekend onder sy vriende en in die musiekbedryf as “Brenny”, is ʼn jongman met hope talent. Die boorling van Upington is vanjaar ʼn eerstejaarstudent in B.A. Sielkunde en Literatuur, en kletsrym, oftewel “rap” rol van sy tong af.
Jozi FM, ʼn plaaslike radiostasie in Johannesburg, het onlangs van Brenny se werk te hore gekom deur ʼn amateur opname. Hulle het aangebied om sy musiek op die stasie te speel mits hy hulle van ‘n hoë kwaliteit opname kon voorsien. Brenny het by die Artéma opname-ateljee op kampus aangeklop om hulp, en ʼn professionele opname van sy musiek is gratis in die ateljee vervaardig.
Brenny het vroeër vanjaar ingeskryf vir die televisiekanaal, VUZU se kletsrymkompetisie Vuzu: The Hustle. Die kompetisie is gemik op jong onontdekte kletrymtalent. Hy moes ʼn 15 sekonde-videogreep op Instagram instuur, en is as finalis uit duisende inskrywings aangewys.
Hy sê self die saadjie is al vroeg geplant en hy het as kind gelukkig eintlik geen ander keuse gehad as om na “rap” te luister nie. “My ma se twee broers het heeldag na “rap” geluister, en ek moes maar saam luister. Ek het my eerste “rap song” op tienjarige ouderdom geskryf en vandaar het dinge net gebeur”. Vandag skryf Brenny in Afrikaans, Engels en Setswana en neem hy ook gereeld deel aan “Spoken Word” aande in Potchefstroom.
Brenny hoop om so gou as moontlik ʼn volledige CD-opname van sy werk te voltooi, sodat hy die groot platemaatskappye kan nader.
Mnr Chris de Bruyn van Puk Kunste het gesê Romario se talent en passie is onmiskenbaar en hy droom groot in ʼn uitdagende industrie. “Artéma en Puk Kunste wens hom alle sukses toe in die toekoms.”