.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Landbou-ekspo eersdaags in Potch

09 July 2015

 
Potchefstroom – Die tweede Noordwes landbou-ekspo word die einde van die maand langs die Mooirivier in Potchefstroom gehou. CADEK Media, organiseerders van die nasionale Agriworks landbou-ekspos, bied die Noordwes-ekspo op Vrydag, 31 Julie 2015, en Saterdag, 1 Augustus, op die Trimpark-terrein aan. Chris de Klerk, organiseerder van die ekspo, sê verlede jaar se ekspo is goed ondersteun en is deur meer as 3000 van die omgewing se boere en plaaslike inwoners bygewoon. “Ons sien uit om die ekspo vanjaar verder uit te brei.” Boere van die omgewing word genooi om die nuutste landbou-implemente, toerusting en dienste te kom besigtig en gebruik te maak van die spesiale ekspo-pryse en aanbiedinge. Daar sal ook heelwat te ete en te drinke wees en die publiek is ook welkom. Die ekspo sal daagliks tussen 09:00 en 17:00 oop wees. Toegang is R20 per persoon en kinders onder 18 gaan gratis in. Kaartjies is by die Trimpark-hek beskikbaar. Veilige parkering word ook voorsien. Uitstallers moet so gou moontlik hul staanplekke bespreek. Besoek www.agriworks.co.za of skakel die organiseerder, CADEK Media, by 021 854 4700 vir meer inligting.