.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

NWU-ingenieurs styg uit by internasionale konferensie

09 July 2015

 
Potchefstroom – Die 23ste Europese Biomassakonferensie en –uitstalling (EUBCE) is van 1 tot 4 Junie 2015 in Wene, Oostenryk gehou. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is by hierdie konferensie verteenwoordig deur die NNS Navorsingsleerstoel in Biobrandstowwe wat onder leiding van prof. Sanette Marx.
Met 76 deelnemende lande, het die konferensie 803 voordragte deur meer as 2 500 outeurs en mede-outeurs ingesluit en dit is in totaal deur 1 394 deelnemers bygewoon. ’n Rekordgetal van 10 konferensie-aanbiedings is deur die Biobrandstowwegroep gedoen.
Die Europese Biomassakonferensie en uitstalling is ’n jaarlikse gebeurtenis van wêreldgehalte, wat sedert 1980 op verskillende plekke in Europa gehou word. Dit is Europa se grootste internasionale wetenskapskonferensie wat op biomassa fokus en deelnemers uit navorsing, die bedryf, regerings en die sakewêreld bymekaar bring.
Tydens die sluitingsitting van die 23ste EUBCE op 4 Junie, onder voorsitterskap van die konferensie se algemene voorsitter, dr. Ingwald Obernberger, het prof. Marx een van slegs vyf toekennings vir die beste plakkaataanbieding by vanjaar se konferensie ontvang. Die toekenning was ’n besonder waardevolle bydrae in die kategorie Biomassa-omskakelingstegnologieë vir vloeibare en gasbrandstowwe, chemikalieë en materiale. Die navorsing het die vervaardiging van bioafbreekbare poliuretaanskuim uit suikerrietbagasse en biodieselvervaardigde ru-gliserol behels. Die mede-outeurs was prof. Anne Grobler, direkteur van die DWT/NWU Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform (PKGOP), LC Muller, Wilmar Odendaal, Anné Williams en Urban Vermeulen. Die Biobrandstofnavorsingsgroep en die PKGOP doen hierdie gesamentlike navorsing in hierdie veld sedert 2013.
Tydens die aanbieding van die Konferensiehoogtepunte deur die Tegnieseprogram-voorsitter, dr. David Baxter, is spesiale melding ook gemaak van Corneels Schabort se mondelinge voorlegging oor die gebruik van alge wat in ’n munisipale afvalstroom vir in situ-vervaardiging van biodiesel gekweek word. Hierdie navorsing is in samewerking met prof. Sanette Marx, dr. Roelf Venter en Cornie van Tonder gedoen. Ander outeurs wat deel van die Biobrandstofnavorsingsgroep is en ook die konferensie bygewoon het, is dr. Idan Chiyanzu en Busiswa Ndaba.
“Hierdie konferensie word elke jaar al hoe groter en ek is baie trots op my span se bydraes vanjaar en dankbaar dat ons internasionale erkenning kry vir die navorsingspeil wat ons handhaaf. Dit bewys ons is op die voorpunt van ons veld. Ons beplan reeds vir aanstaande jaar se konferensie in Nederland en sien baie uit daarna!” – prof. Sanette Marx