.
.
Platinum KOSH Newspaper (Index Main Landing Page) Mining Supplies-Platinum KOSH Newspaper/ KoerantMotoring Mirror/ Karre/ Motors- Platinum KOSH Newspaper/ KoerantProperty/ Eiendomme - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantSpecial Services - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantTenders & Auctions - Platinum KOSH Newspaper/ KoerantAuctions/ Veilings - Platinum KOSH Newspaper/ Koerant
.
.
.
Submit News: news@platinumkosh.co.za  Request Quote: adverts@platinumkosh.co.za
John 8:7  ...."He who is without sin among you, let him throw a stone at her first."   John 8:11   ....."Neither do I condemn you; go and sin no more."
.
North West Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper

Advert - Platinum Bushvelder Newspaper
“Pa” van Cravenweek sterf
03 July 2015
 

Die “pa” van die Cravenweek, ‘n man wie se wortels diep in Potchefstroom geplant was, is die naweek op ‘n gevorderde leeftyd in sy slaap oorlede.
Piet Malan (96), was tot sy dood Sondag, 5 Julie 2015, die oudste lewende Springbok. Hy was ook die destydse Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) se eerste sportdirekteur.
Die gedagte aan ‘n interprovinsiale toernooi vir skolespelers het in die vroeë 1960’s by hom ontstaan. Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, het vroeër gesê hoewel die toernooi uiteindelik na dokter Danie Craven vernoem is, is dit ‘n bewys van Malan se bydrae tot rugby. Die eerste Cravenweek is in 1964 gehou. Dit word volgende week vir die 52ste keer aangebied en wel in Stellenbosch.
Malan is in 1919 in Parys in die Vrystaat gebore. Hy het aan die Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer en het daarna aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou die Noordwes-Universiteit) gestudeer. Hy was net 20 jaar oud toe hy vir die destydse Wes-Transvaal rugby gespeel het. Hy het daarna na Transvaal verskuif vir sy eerste onderwyspos.
In 1949 het hy as flank vir die Springbokke uitgedraf tydens hul vierde toets teen die All Blacks. Die Bokke het 11-8 gewen en was daarmee ook onoorwonne tydens daardie toetsreeks.
Malan het in 1951 uitgetree uit rugby, maar het daarna die PU vir CHO se eerste direkteur van sport geword. Hy het veral ‘n groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die universiteit se sportkompleks.
Die 75ste verjaardag van die ou Suid-Afrikaanse Rugbyraad het die gedagte aan ‘n interprovinsiale skoletoernooi by hom laat ontstaan.Malan word oorleef deur sy vrou, Hansie, vier dogters en verskeie klein- en agterkleinkinders.